Welkom by die amptelike Bloedrivier Erfenisterrein

Die Slag van Bloedrivier Erfenisterrein naby Dundee is waarskynlik een van die uniekste slagvelde in Suid-Afrika. Op 16 Desember 1838 het 464 Voortrekkers met hul agterryers onder die bekwame aanvoering van Andries Pretorius, koning Dingane se ongeveer 10 000 impi onder bevel van Ndlela kaSompisi verslaan.

Bloed-rivier-fotos8Wat kan jy sien?

  • Een van die uniekste slagvelde in Suid-Afrika
  • ‘n Museum uitstalling aangaande die geskiedenis van Bloedrivier
  • Unieke brons walaer en granietwa monument
  • Uitstalling aangaande Zulu kultuur oorkant die rivier by die Ncome museum
  • DVD in die inligtingsentrum oor die slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838

Die Voortrekkermonument bestuur die terrein sedert 2002. Besoekers kan uitsien na ‘n interessante besoek aan die verskillende monumente op die terrein, die museum en die geskenkwinkel. Die drie-ster gastehuis met 4 en-suite slaapkamers asook die Trekker restaurant bied rus en voedsel vir liggaam en siel.