Die program sien as volg daaruit:
6 – 13 Desember:
Vroeë kampeerders begin laertrek op die terrein en ontspan rustig, besoek die museum, verken die terrein en die brons walaer, swem in die dam ens.
13 Desember:
06:30 Bergfietswedren
19:00 Sangopvoering en dans in saal
14 Desember:
07:00 – Klim Vegkop uit; vertelling van slagveld en uitleg van geboue
10:00 – Boeresport (toutrek, kettieskiet, klei-os kompetisie ens.)
14:00 – Kleiduifskiet
16:00 – Perdesport
19:00 – Volkspelesaamtrek
15 Desember:
09:00 – Perdekommando vertrek vanaf DeJagersdrift na feesterrein
12:00 – Aankoms van perdekommando en vlaghysing
12:30 – Beoordeling van potjiekoskompetisie
17:00 – Aanddiens
18:00 – Praatjie oor die vervaardiging van die bronswaens (Fanie de Klerk)
19:30 – Lanternloop na walaer
16 Desember
06:00 – Biduur in walaer
09:00 – Program in walaer met vlagvoorstelling en kranslegging
10:00 – Kerkdiens in saal – Ds Cassie Aucamp
11:00 – Feesrede Dr Jackie Grobler
12:00 – Piekniek/Braai – kole word voorsien
Kampering is R150 per staanplek per nag – maksimum 1 voertuig en 6 persone per staanplek. Staanplekke word nie gereserveer nie – as jy ‘n staanplek wil reserveer, kom vroeër. (Spesiale feestariewe geld van 6 Desember.) Daar is ‘n netjiese kampterrein (onder nuwe bestuur) met kragpunte en ablusiegeriewe en warm water. Indien u in ‘n gastehuis in die omgewing wil bly, is toegang as dagbesoekers vir feesgangers gratis. Daar is ‘n restaurant wat wegneemetes, braaipakke, houskool, ys, soetgoed ens. verkoop op die terrein. Die plaasdam is uitgeverf. Bring swemklere.
Die vertoon van die ou landsvlag sal nie op die terrein toegelaat word nie.
Navrae: Mnr Xander de Jager 082832 1248 of Frik Moolman 082 973 6671
Hi,
Wil graag jul nuusbrief ontvang,
Groete
Kobus Pelser
Ek plaas u naam op ons databasis
Goeie dag
Kan ek asb die tye kry. Dit is nie op die program nie.
Groete
Estie
U kan die tye kry by die telefoonnommers onderaan die program
Dankie vir die regstelling.